Author: Kobus van Wyk
Dag 21 – Verkeerd wees kan ‘n gawe wees.
1 Johannes 1:8-10As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
Een van die vereistes om na binne te reis, m.a.w om jouself beter te leer ken en om emosioneel en geestelik te groei, is om bereid te wees om te erken dat jy ook verkeerd kan wees.
Nou hoor ek jou sê: “Ja...
Dag 20 – Are we there yet?
Dag 20 – Are we there yet?
Hoe moedeloos raak jy as jy daaraan dink dat Lockdown sou more klaar gemaak het, maar nou? Nou moet ons NOG twee weke uithou. En as jy nou vir een oomblik dink dat “hey, ek is deur 21 dae, wat is nog 14?” wil ek jou net herinner dat die moeilikste deel voorlê. Die irritasie vlakke is teen hierdie tyd so 150%, die eensaamheid en verlange trek al op 200% en dan praat ons nie van die gevoel wat jy kry as jy dink jy moet alweer gaan skottelgoed was of kosmaak nie. En dan is daar nog twee weke hiervan oor.Dalk droom jy oor wat jy alles gaan doen as jy nie meer...
Dag 19 – Hou die oog gevestig op Jesus
Dag 19 – Hou die oog gevestig op Jesus
Om ‘n reis na binne te onderneem, bring ons by die hart van ons godsdiens.Wat is die hart van jou godsdiens?
Vir sommige is dit om volgens sekere reëls en gebooie te leef. Vir ander is dit om ‘n goeie mens te probeer word. Vir nog ander is dit die wete dat hulle gered is. Wat is dit vir jou? Dit kan en behoort te wees: Om in ‘n lewende verhouding met die Lewende Jesus te leef. Hy het opgestaan uit die dood om by jou te wees. Hy wil alles vir jou wees. As jy krag nodig het, wil Hy die Bron van jou krag wees. As jy troos nodig het, wil Hy jou verlig...
Dag 18 – Ek kies om dankbaar te wees vir my lewe.
Dag 18 – Ek kies om dankbaar te wees vir my lewe.
Ek het die gedeelte die eerste keer geskryf verlede jaar toe die wêreld om ons nog redelik voorspelbaar was. Ek het dit so bietjie aangepas want dinge lyk nou ander, maar alles in alles bly die volgende ‘n feit: Maak nie saak wat jy dink nie, jou lewe is ‘n geskenk!
Soveel mense mis hierdie belangrike punt. Ja, ek weet alles is nie altyd maanskyn en rose nie en veral nou is dinge glad nie maklik nie en baie onseker maar glo my, die lewe bly ‘n wonderlike geskenk. Dit beteken ook dat hierdie lewe van jou vir God belangrik...
Dag 17 – Die Heer het opgestaan! Die Heer het waarlik opgestaan!
Dag 17 – Die Heer het opgestaan! Die Heer het waarlik opgestaan!
Die Heer het opgestaan! Die Heer het waarlik opgestaan! Moenie skrik nie: Julle soek Jesus van Nasaret. Hoekom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is uit die dood opgewek! Die Heer het opgestaan! As Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en ons geloof ook sonder inhoud. Die Heer het opgestaan! Dood waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die Heer het opgestaan! Genade, onbeskryflik groot is aan ons bewys!Lees saam met my Johannes 20:1-18
Die liggaam van die geliefde Jesus is gesteel?...
Dag 16 – Op reis na hoop
Dag 16 – Op reis na hoop
Met die herdenking van Goeie Vrydag het die gedagte by my opgekom, dat die omstanders by die kruis, hetsy die soldaat met sy belydenis, die vroue wat gestaan en huil het of enige ander toeskouers .… nie vir altyd daar bly staan het nie. Die kruis was ‘n kernmoment in elkeen van hul se lewe daarna, maar op daardie oomblik moes hulle omdraai en teruggaan na hul ou lewens toe. Dieselfde gedagtegang kry ons in die verhaal van die Emmausgangers (Luk 24:13-35) – mense wat heel verslae wegstap van die Goeie Vrydag gebeure.
Hulle het nie dieselfde weggestap nie....
Dag 15 – Skoonheid
Dag 15 – Skoonheid
Ps 161’n Gedig van Dawid.Neem my in beskerming, o God;ek soek skuiling by U.2Ek het vir die Here gesê:“Ek behoort aan U,daar is vir my niks goeds nie behalwe by U.3Die afgode in die land, so aantreklik vir baie –met hulle wil ek niks te doen hê nie.4Mag elkeen wat ‘n ander god vereer, baie smart beleef.Vir afgode sal ek nie bloedoffers uitgiet nie,hulle name sal ek nie op my lippe neem nie.”5Here, U is my lewe, U sorg vir my.Wat ek ontvang, kom alles van U af.6’n Pragtige deel is vir my afgemeet,ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.7Ek sal die...
Dag 14 – ‘n Tree terug
Dag 14 – ‘n Tree terug
‘n Tree terug kan een van twee dinge beteken, of jy boer agteruit of jy staan terug om perspektief te kry.Vir baie van ons gejaagde go-getters en presteerders en moeg gejaagdes kan hierdie stilstand van die grendeltyd net te veel wees. Hulle sê mos as jy nie vorentoe beweeg nie gaan jy eintlik agteruit.
Maar ‘n tree terug kan ook ook die tree terug wees van ‘n kunstenaar wat besig is om sy kunswerk te vorm. So elke dan en wan moet hy so n tree terug neem om perspektief op sy handewerk en vordering te kry. Dit kan ‘n oomblik wees en soms kan dit...
Dag 13 – Teenwoordig
Dag 13 – Teenwoordig
Ons is halfpad deur lockdown. Teen hierdie tyd het meeste van ons ‘n redelike ritme aan ons dag. Sommiges pak reg en maak skoon. Ander “homeschool” weer. Party oefen en het doelwitte wat hulle vir hulself gestel het en werk elke dag daartoe om dit te bereik. Maar dit vat elke dag net ‘n gedeelte van jou dag op, so wat doen jy met die res van jou dag…?Die grappies oor vet word van teveel verveelde etery is eindeloos. Die aktiwiteit op Facebook en ander sosiale media het drasties toegeneem. So ons probeer die tussenin tyd vul met iets anders. Ons probeer die gevoel...