Skip to main content

Author: Kobus van Wyk

Dag 30 – Soms is kla beter as loof

Dag 30 – Soms is kla beter as loof Mens kan nie net altyd die Here loof nie. Soms is mens net te seer, te rou, te kwaad, te skuldig, te in twyfel, te omvou in die donker wolke van pyn en verlies om die Here te loof. Dan het jy nie ‘n voorsanger-lofleier nodig wat vir jou sê jy moet ‘n smile op jou gesig sit nie. Dis ook dan wat jy eerder iewers wegkruip van mense met hulle lastige maklike antwoorde en goedbedoelde rate wat baie keer soos messteke net jou pyn vererger. Soms skrik jy selfs vir jou eie Godslasterlike gedagtes wat jy om die dood toe nie kan wegkry nie sodat jy vol skuld...

Continue reading

Dag 29 – Soos in die hemel…

Dag 29 – Soos in die hemel… Hierdie is nou week 4 van grendeltyd. En dit voel kompleet of die Grendel te styf geslot is. Pyn en swaarkry glip uit soos n drukkoker wat net nie alles kan binnehou nie! Huwelike haak uit, gesin-spanning is te hoog, kort van draad maak dat uitvliete gebeur. En dan klop daar dinge aan ons deur, eksterne druk soos die vermindering van inkomste, werkloosheid en so voorts. Ek merk in Openbaring dat die sewe briewe aan gemeentes vertel van swaarkry – gelowiges kry swaar – tog is dit nie die saak wat die Here aanspreek nie. Hy bied baie troos, hulp en teenwoordigheid...

Continue reading

Dag 28 – Hoe werk ware liefde?

Dag 28 – Hoe werk ware liefde? Baie keer net mooi in die teenoorgestelde rigting waarin die massamedia ons lei. Die massamedia is ‘n glanswêreld waarin mense blink gevryf en versorg is. Droomvroue en -mans. As die aantreklike verliefdheid verby is, kom jy agter dat jou huweliksmaat ook maar iemand van vlees en bloed is , met foute en tekortkominge. Dis dan wanneer ons begin om mekaar te probeer verander. Jy voel ingehok en onvry. Jy wil die ander een regsnoei om na jou behoeftes te pas. Wat tel is nie hulle aard nie maar jou behoefte. Dalk ken jy die gevoel om ingeperk te wees en nie...

Continue reading

Dag 27 – Met nuwe oë

Dag 27 – Met nuwe oë Jeremia 31:25 sê Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed. Paasfees voel alklaar of dit ‘n ligjaar weg is. Ons is nogsteeds vasgevang in hierdie selfde vier mure met geen idee wanneer dit gaan eindig nie. En dit maak ons moedeloos. Maar as ons vir een oomblik kan rewind. Waar dink jy was Jesus se gedagtes op Goeie Vrydag? Hy het 13 keer gepraat daardie dag. 10 van hulle wat met of oor God. 80% van sy dag was op die hemel gerig. Jesus het heel dag lank God op sy lippe gehad.So volgende keer as jy moedeloos voel, doen die wiskunde....

Continue reading

Dag 26 – Werklike Vryheid

Dag 26 – Werklike Vryheid Galasiers 5: 1Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie. Wat beteken dit vir ‘n kind van die Here wanneer hy of sy hoor dat hy werlklik vry is?God het gekom om vir ons vryheid te kom gee. Dit beteken egter nie noodwendig dat ons vry is van al die verskriklike dinge waarmee ons gekomfronteer word in die wêreld nie. Dit beteken nie dat ons nooit pyn en lyding sal ervaar nie. Ons is nie gevrywaar van gevare nie. Hierdie vryheid is ‘n ten spyte van vryheid....

Continue reading

Dag 25 – Die Opstanding van Jesus Christus bied vir ons hoop en nie besittings nie

Dag 25 – Die Opstanding van Jesus Christus bied vir ons hoop en nie besittings nie Jy is seker, soos baie ander mense op ‘n plek waar jy dalk erg moedeloos is. Jy is dalk op ‘n plek waar die angstigheid in jou gemoed baie hoog is in vergelyking met voor die algehele afsondering. Jou lewe is teen hierdie tyd al op verskeie maniere direk geraak deur die impak van COVID-19. Ekonomies, geestelik, fisies en iemand na aan jou of jy is dalk gediagnoseer. Jy is nagte wakker omtrent hoe ons weer die stukke van impak hierdie gebeurtenis gaan optel. Moedeloos. Wel, daar is dalk iemand se verhaal...

Continue reading

Dag 24 – Kies om te lewe dis ‘n ingesteldheid

Dag 24 – Kies om te lewe dis n ingesteldheid Dit is altyd lekker om te lees wat die Here op aarde gedoen het en vir mense gesê het. Die besef het stadig in my gegroei dat Hy altyd positief was wanneer Hy met mense besig was. Net teenoor die kerkleiers was Hy baie krities. En toe lees ek Johannes 5 -Op die Sabbatdag… het Hy ‘n negatiewe opmerking teenoor ‘n jongman gemaak. Die man by die Bad van Betesda. Hy het vir daardie geneesde man gesê: ”Kyk, jy is nou gesond. Moet nou nie meer sonde doen nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.” Verbasend! Die lam man van Betesda...

Continue reading

Dag 23 – Wondersoete slaap

Dag 23 – Wondersoete slaap DF Malherbe roep in sy bekende gedig: Wat is die slaap ‘n wondersoete ding!Slaap is genadetyd en Godtyd. Psalm 127:2: Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.God het ons gemaak om te rus, dit is selfs in die skepping ingebou en in die skeppingsverhaal lees ons dat God die 7de dag gerus het en dit ook vir ons as Sabbat ingestel en geheilig het. Sabbat beteken om op te hou en te rus.God doen soveel met ons in ons slaap: Hy vernuwe ons telkens na liggaam,...

Continue reading

Dag 22 – Waar is God?

Dag 22 – Waar is God? Die vraag waar is God in hierdie tyd, is op almal se lippe. Party beweer dat God COVID 19 oor ons gebring het, om een of ander les te leer. Ander sê weer ons is soos Job deur die duiwel versoek en ons met net vas staan in die geloof. Maar kom ons staan net vir ‘n oomblik stil by God. Kom ons gaan raak stil en fokus op die beloftes wat God regtig vir ons gee. Nêrens in die Bybel praat dit spesifiek van COVID 19 nie, maar in die tyd wat die Bybel geskryf is, was daar ook ‘n “groot griep” of twee wat die mense baie siek gemaak het, en baie om die lewe gebring het....

Continue reading