Skip to main content

Author: Kobus van Wyk

Dag 33 – Die bereidheid om broos te wees.

Dag 33 – Die bereidheid om broos te wees. Miskien het ons nie al die antwoorde nie, Ons is dalk onseker oor wat more gaan gebeur. Ons word gekonfronteer met ‘n klomp emosies, wat soms moeilik is om te beheer.Ons almal wil graag braaf wees, ons almal wil graag wys dat ons iets beteken. Mens word baie aangemoedig om sterk te staan en aan te gaan. Moet tog net nie vir mense wys dat jy swak is nie. Om braaf te wees en om sterk te staan is baie goeie eienskappe om te hê, maar soos Brené Brown dit stel. Ons kan nie braaf wees sonder om bereid te wees om broos te wees nie. Sy verwys daarna...

Continue reading

Dag 32 – Jesus kyk anders

Dag 32 – Jesus kyk anders Wanneer mens die evangelies lees sien jy ‘n ongelyke wêreld. Die Jode het byvoorbeeld nie veel van die Samaritane gedink nie, mense met aansteeklike siektes was uit die gemeenskap uitgeskuif, vrouens was ondergeskik aan mans, kinders het nie werklik ‘n stem gehad nie, daar was baie armoede en mense wat nie die wet nagekom het nie, was op neergekyk. Dis maar hoe dit hier by ons ook lyk, is dit nie? Kyk bietjie wie is die mense wat die mag het en wie is die belangrikes. Dit is die rykes, die geleerdes, die invloedrykes en die wat polities reg verbind...

Continue reading

Dag 31 – Ek hou vas aan wat die Here vir my gedoen het

Dag 31 – Ek hou vas aan wat die Here vir my gedoen het Het jy al die gevoel gehad van magteloosheid, moedeloosheid, ontreddering, weerloos, vrees, blootgestel? Jy sit dalk vandag in die ervaring van die COVID-19 en die grendelstaat met daardie gevoel. Waar gaan alles heen? Wat gaan van ons word? Hoe klink die gemiddelde gesprek in my huis of as ek oor die foon met vriende en familie gesels?Om sommer net ‘n paar oomblikke vanuit ons eie geskiedenis te noem wat ook hierdie gevoel op ons harte en die mense voor ons se lewens gelaat het:Anglo-Boere Oorlog 1899-1902Die Spaanse GriepDie groot...

Continue reading