Skip to main content

Author: Kobus van Wyk

Dag 12 – Die monster onder die bed

Dag 12 – Die monster onder die bed Die monster onder die bed In 2001 het Pixar Animation die suksesvolle Monsters Inc vrygestel – een van die grootste film treffers van daardie jaar. Die storie van monsters wat kinders moet bang maak, hulle gille opvang om sodoende energie vir hulle wêreld bymekaar te maak. Hierdie monsters het deur ‘n geheime deur die kinders se kamers binnegekom en vanuit die hangkas, onder die bed of agter meubels uitgekom om die kinders te terroriseer en vrees aan te jaag. Vandag leef so baie van ons in vrees – nie veroorsaak deur harige monsters onder die bed nie...

Continue reading

Dag 11 – Ek kies blydskap

Dag 11 – Ek kies blydskap Ek kies blydskapFilippense 4: 4-9 4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. 8Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook...

Continue reading

Dag 10 – Stiltyd is bidtyd, is voedtyd.

Dag 10 – Stiltyd is bidtyd, is voedtyd. Markus 6: 45 – 52 Lees die perikoop n paar keer deur. Wat gaan gebeur is dat “net ‘n verhaal” waar Jesus op die water loop, gaan verander in ‘n verhaal van troos; ‘n verhaal wat jou gaan laat voel “Ek kan gerus wees, Jesus is by my, ek hoef nie nou bang te wees nie.” In die vooraf gedeelte het Jesus op ‘n verlate strand vir baie mense (5000 mans en dan hul gesinne) uit ‘n seuntjie se kosblik gevoed, tot oorlopens toe! EN nou ons verhaal:Hy stuur sy dissipels terug huistoe (oor die see) en Hy sal kyk dat al die mense ook huistoe gaan.Stiltyd was...

Continue reading

Dag 9 – Ons het regtig God se liefde nodig…

Dag 9 – Ons het regtig God se liefde nodig… Johannes 3:1-17 en Romeine 8:31 tot 39 Eers wil ek jou nooi om stil te raak en ‘n kers aan te steek. Raak bewus van die oomblik…Dink so bietjie aan een van die eerste teksverse in die Bybel wat jy as kind geleer is om uit jou kop te kan ken. Dink in hoeveel geleenthede in jou lewe het hierdie teksverse jou gedra, bemoedig en gemotiveer. Veral in swaar en moeilike tye. Behalwe Psalm 23, is die een teksvers wat ek uit my kop geleer ken het as klein seuntjie Johannes 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat...

Continue reading

Dag 7 – God is nie in lockdown nie.

Dag 7 – God is nie in lockdown nie. Ons het byna ‘n week in lock-down agter die rug. In hierdie week het my eie gedagtes baie gewissel oor hoe oud sekere ervarings eintlik is. Ons dink lock-down is ‘n nuwe ding. Maar in die Bybel lees van ons ‘n paar gevalle. Ek dink sommer vlugtig aan Noag se ark, waar Noag 40 dae in lock-down was en ek dink veral aan die Babiloniese ballingskap wat bietjie minder as 50 jaar geduur het (alhoewel daar van ‘n simboliese 70 jaar gepraat word). Dit blyk my mense was al vorige kere ook gekonfronteer met lock-down. Vreemd genoeg wanneer mense in lock-down...

Continue reading

Dag 6 – Geliefd deur God

Dag 6 – Geliefde deur God Geliefd deur God Liefde is een van die belangrikste indien nie die mees belangrikste behoefde van enige mens. Ons almal wil weet dat ons geliefd is, dat ons êrens behoort en veilig kan wees binne ware liefde. Ons almal wil onsself wees en weet dat iemand my liefhet tenspyte van my foute, my gewoontes, my sienings, ens. Die een ding wat ons van seker kan wees in die lewe as kinders van God is dat God ons liefhet. Dat Hy ons nooit in die steek sal laat nie. In Romeine 8: 37-39 staan daar dat niks waaraan ons ooit kan dink, niks wat ons bang...

Continue reading

Dag 5 – Swaarkry is nie die manier waarop God mense terug kry nie.

Dag 5 – Swaarkry is nie die manier waarop God mense terug kry nie. Swaarkry is nie die manier waarop God mense terug kry nie. Lukas 13:1-5 (Die Boodskap) 1 Die mense het vir Jesus kom vertel van ’n verskriklike ding wat Pontius Pilatus, die Romeinse goewerneur in Judea, aangevang het. Hy het ’n klomp mense uit Galilea doodgemaak terwyl hulle in Jerusalem ’n offer aan die Here wou bring. “Dié mense moes seker groot sondaars gewees het. Dis hoekom God dit met hulle laat gebeur het,” het hulle tussendeur bygevoeg. 2 “Dink julle regtig daardie mense was groter sondaars as al die ander mense...

Continue reading

Dag 4 – Head, shoulders, knees and toes

Dag 4 – Head, shoulders, knees and toes Head, shoulders, knees and toes Efesiërs 6:1-20 Vandag is almal van ons baie selfbewus oor waaraan ons vat, wat ons doen en hoe naby ons aan ander mense staan. Ons was ons hande ‘n honderd keer ‘n dag en dra maskers om te verhoed dat die virus naby ons kom. Soveel moeite om te probeer verseker dat ons gesond bly. Maar hoeveel moeite doen ons om te verseker dat ons siele gesond bly? Lees ons af en toe Bybel? Bid ons partykeer? In Efesiers lees ons dat ons die wapenrusting moet aantrek soos ons vandag maskers en handskoene aantrek om onsself te...

Continue reading