Skip to main content

Dag 10 – Stiltyd is bidtyd, is voedtyd.


Markus 6: 45 – 52


Lees die perikoop n paar keer deur. Wat gaan gebeur is dat “net ‘n verhaal” waar Jesus op die water loop, gaan verander in ‘n verhaal van troos; ‘n verhaal wat jou gaan laat voel “Ek kan gerus wees, Jesus is by my, ek hoef nie nou bang te wees nie.”


In die vooraf gedeelte het Jesus op ‘n verlate strand vir baie mense (5000 mans en dan hul gesinne) uit ‘n seuntjie se kosblik gevoed, tot oorlopens toe!


EN nou ons verhaal:
Hy stuur sy dissipels terug huistoe (oor die see) en Hy sal kyk dat al die mense ook huistoe gaan.
Stiltyd was vir Jesus toe ook bidtyd – Hy klim die heuwel op en gaan bid. Dit voel so afgelei uit die hoofstuk asof Hy krag gaan put het (mens kan mos nie van brood alleen leef nie).


En dan toe dit aand word (al donker was) het Jesus weer op die strand gestaan en kyk hoe die dissipels in hul bootjie roei-en-stoei teen die natuurelemente wat hul wil oorweldig. Maar hulle was “al ver weg”… Hoe kan Hy sien hulle roei swaar? En dat die wind teen hulle is?


Dan is daar in die teks ‘n swaar stilte. Wat gebeur die hele nag? En waar is Jesus? Want teen die oggend (toe die lig breek) het Hy op die see na hulle toe geloop, asof by hulle verby….


In die niks sê, is die wonder en die troos. Ek glo Jesus het heel nag net daar op die strand gestaan en sy dissipels was nooit onder sy oë uit nie. Want Hy is God! Hy kan kos vermeerder en dissipels “oppas” midde-in die storm. Hy is die Goeie Herder…


Daarom was sy dissipels uit die veld geslaan en kon nie die broodvermeerdering verstaan nie. Daar moet iets meer binne in jou gebeur: Jy moet tot geloof kom. N Geloof wat jou so omvorm dat jy weet: weet Hy hou jou jou altyd in SY sorg (in die storm en as jy honger is). Afstand skrik Hom nie af nie – Hy is by my. Ek hoef nie te skrik vir die “spoke” van my lewe nie.
Covid-19 is nou so spook. Die virus en ook die “lock-down” en selfs die ekonomiese krisis daarmee geassosieer. Terwyl ek roei en swoeg en alles “is ek nooit onder sy sorg uit nie”


Daarom sal en gerus wees, dit is Hy! Ek sal nie bang wees nie. Stiltyd word bidtyd waar ek my ander brood kan ontvang. Onthou jy toe Jesus sy dissipels geleer het “Mens kan nie van brood alleen leef nie, maar van elke woord wat van die Vader kom” Nou ja Stiltyd is bidtyd, is voedtyd.