Dag 4 – Head, shoulders, knees and toes

Head, shoulders, knees and toes
Efesiërs 6:1-20
Vandag is almal van ons baie selfbewus oor waaraan ons vat, wat ons doen en hoe naby ons aan ander mense staan. Ons was ons hande ‘n honderd keer ‘n dag en dra maskers om te verhoed dat die virus naby ons kom. Soveel moeite om te probeer verseker dat ons gesond bly.
Maar hoeveel moeite doen ons om te verseker dat ons siele gesond bly? Lees ons af en toe Bybel? Bid ons partykeer? In Efesiers lees ons dat ons die wapenrusting moet aantrek soos ons vandag maskers en handskoene aantrek om onsself te beskerm.
Hierdie wapenrusting is nie net iets wat ons sommer gou kan aansit en siedaar jy is beskerm nie. Dit is om van kop tot tone geklee te wees in die mag van die Here. Dit vat bietjie effort van ons kant af. Vandag weet ons dat om net af en toe jou hande te was, nie voldoende is nie, om net nou en dan weg te bly van mense verseker nie jou gesondheid nie. Daarom is ons nou in lockdown. Dit is uiterse maatreëls om hierdie virus te ontduik.
Maar hoekom as dit by geloof kom is dit ok om net die minimum te doen? Ons moet gereeld bid. Gereeld met die Here besig wees sodat ons reg sal wees om in die waarheid, vrysprasak, bereidheid om te verkondig, geloof en verlossing sterk te staan.
Gebruik die bekende kinderliedjie as jy wonder hoe, jou head, shoulders knees and toes moet as ter ware deel word van jou geloof. Jy moet die Here dien met jou hele wese.
Besoek gerus die skakel om saam met die kinders na die wapenrusting van God te luister: