Dag 24 – Kies om te lewe dis n ingesteldheid
Dit is altyd lekker om te lees wat die Here op aarde gedoen het en vir mense gesê het. Die besef het stadig in my gegroei dat Hy altyd positief was wanneer Hy met mense besig was. Net teenoor die kerkleiers was Hy baie krities.
En toe lees ek Johannes 5 -Op die Sabbatdag… het Hy ‘n negatiewe opmerking teenoor ‘n jongman gemaak. Die man by die Bad van Betesda. Hy het vir daardie geneesde man gesê: ”Kyk, jy is nou gesond. Moet nou nie meer sonde doen nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.” Verbasend!
Die lam man van Betesda...
Dag 23 – Wondersoete slaap
Dag 23 – Wondersoete slaap
DF Malherbe roep in sy bekende gedig: Wat is die slaap ‘n wondersoete ding!Slaap is genadetyd en Godtyd.
Psalm 127:2: Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.God het ons gemaak om te rus, dit is selfs in die skepping ingebou en in die skeppingsverhaal lees ons dat God die 7de dag gerus het en dit ook vir ons as Sabbat ingestel en geheilig het. Sabbat beteken om op te hou en te rus.God doen soveel met ons in ons slaap: Hy vernuwe ons telkens na liggaam,...
Dag 22 – Waar is God?
Dag 22 – Waar is God?
Die vraag waar is God in hierdie tyd, is op almal se lippe. Party beweer dat God COVID 19 oor ons gebring het, om een of ander les te leer. Ander sê weer ons is soos Job deur die duiwel versoek en ons met net vas staan in die geloof.
Maar kom ons staan net vir ‘n oomblik stil by God. Kom ons gaan raak stil en fokus op die beloftes wat God regtig vir ons gee. Nêrens in die Bybel praat dit spesifiek van COVID 19 nie, maar in die tyd wat die Bybel geskryf is, was daar ook ‘n “groot griep” of twee wat die mense baie siek gemaak het, en baie om die lewe gebring het....
Dag 21 – Verkeerd wees kan ‘n gawe wees.
Dag 21 – Verkeerd wees kan ‘n gawe wees.
1 Johannes 1:8-10As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
Een van die vereistes om na binne te reis, m.a.w om jouself beter te leer ken en om emosioneel en geestelik te groei, is om bereid te wees om te erken dat jy ook verkeerd kan wees.
Nou hoor ek jou sê: “Ja...
Dag 20 – Are we there yet?
Dag 20 – Are we there yet?
Hoe moedeloos raak jy as jy daaraan dink dat Lockdown sou more klaar gemaak het, maar nou? Nou moet ons NOG twee weke uithou. En as jy nou vir een oomblik dink dat “hey, ek is deur 21 dae, wat is nog 14?” wil ek jou net herinner dat die moeilikste deel voorlê. Die irritasie vlakke is teen hierdie tyd so 150%, die eensaamheid en verlange trek al op 200% en dan praat ons nie van die gevoel wat jy kry as jy dink jy moet alweer gaan skottelgoed was of kosmaak nie. En dan is daar nog twee weke hiervan oor.Dalk droom jy oor wat jy alles gaan doen as jy nie meer...
Dag 19 – Hou die oog gevestig op Jesus
Dag 19 – Hou die oog gevestig op Jesus
Om ‘n reis na binne te onderneem, bring ons by die hart van ons godsdiens.Wat is die hart van jou godsdiens?
Vir sommige is dit om volgens sekere reëls en gebooie te leef. Vir ander is dit om ‘n goeie mens te probeer word. Vir nog ander is dit die wete dat hulle gered is. Wat is dit vir jou? Dit kan en behoort te wees: Om in ‘n lewende verhouding met die Lewende Jesus te leef. Hy het opgestaan uit die dood om by jou te wees. Hy wil alles vir jou wees. As jy krag nodig het, wil Hy die Bron van jou krag wees. As jy troos nodig het, wil Hy jou verlig...
Dag 18 – Ek kies om dankbaar te wees vir my lewe.
Dag 18 – Ek kies om dankbaar te wees vir my lewe.
Ek het die gedeelte die eerste keer geskryf verlede jaar toe die wêreld om ons nog redelik voorspelbaar was. Ek het dit so bietjie aangepas want dinge lyk nou ander, maar alles in alles bly die volgende ‘n feit: Maak nie saak wat jy dink nie, jou lewe is ‘n geskenk!
Soveel mense mis hierdie belangrike punt. Ja, ek weet alles is nie altyd maanskyn en rose nie en veral nou is dinge glad nie maklik nie en baie onseker maar glo my, die lewe bly ‘n wonderlike geskenk. Dit beteken ook dat hierdie lewe van jou vir God belangrik...
Dag 17 – Die Heer het opgestaan! Die Heer het waarlik opgestaan!
Dag 17 – Die Heer het opgestaan! Die Heer het waarlik opgestaan!
Die Heer het opgestaan! Die Heer het waarlik opgestaan! Moenie skrik nie: Julle soek Jesus van Nasaret. Hoekom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is uit die dood opgewek! Die Heer het opgestaan! As Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en ons geloof ook sonder inhoud. Die Heer het opgestaan! Dood waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die Heer het opgestaan! Genade, onbeskryflik groot is aan ons bewys!Lees saam met my Johannes 20:1-18
Die liggaam van die geliefde Jesus is gesteel?...
Dag 16 – Op reis na hoop
Dag 16 – Op reis na hoop
Met die herdenking van Goeie Vrydag het die gedagte by my opgekom, dat die omstanders by die kruis, hetsy die soldaat met sy belydenis, die vroue wat gestaan en huil het of enige ander toeskouers .… nie vir altyd daar bly staan het nie. Die kruis was ‘n kernmoment in elkeen van hul se lewe daarna, maar op daardie oomblik moes hulle omdraai en teruggaan na hul ou lewens toe. Dieselfde gedagtegang kry ons in die verhaal van die Emmausgangers (Luk 24:13-35) – mense wat heel verslae wegstap van die Goeie Vrydag gebeure.
Hulle het nie dieselfde weggestap nie....