Skip to main content

Dag 15 – Skoonheid

Dag 15 – Skoonheid Ps 161’n Gedig van Dawid.Neem my in beskerming, o God;ek soek skuiling by U.2Ek het vir die Here gesê:“Ek behoort aan U,daar is vir my niks goeds nie behalwe by U.3Die afgode in die land, so aantreklik vir baie –met hulle wil ek niks te doen hê nie.4Mag elkeen wat ‘n ander god vereer, baie smart beleef.Vir afgode sal ek nie bloedoffers uitgiet nie,hulle name sal ek nie op my lippe neem nie.”5Here, U is my lewe, U sorg vir my.Wat ek ontvang, kom alles van U af.6’n Pragtige deel is vir my afgemeet,ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.7Ek sal die...

Continue reading

Dag 14 – ‘n Tree terug

Dag 14 – ‘n Tree terug ‘n Tree terug kan een van twee dinge beteken, of jy boer agteruit of jy staan terug om perspektief te kry.Vir baie van ons gejaagde go-getters en presteerders en moeg gejaagdes kan hierdie stilstand van die grendeltyd net te veel wees. Hulle sê mos as jy nie vorentoe beweeg nie gaan jy eintlik agteruit. Maar ‘n tree terug kan ook ook die tree terug wees van ‘n kunstenaar wat besig is om sy kunswerk te vorm. So elke dan en wan moet hy so n tree terug neem om perspektief op sy handewerk en vordering te kry. Dit kan ‘n oomblik wees en soms kan dit...

Continue reading

Dag 13 – Teenwoordig

Dag 13 – Teenwoordig Ons is halfpad deur lockdown. Teen hierdie tyd het meeste van ons ‘n redelike ritme aan ons dag. Sommiges pak reg en maak skoon. Ander “homeschool” weer. Party oefen en het doelwitte wat hulle vir hulself gestel het en werk elke dag daartoe om dit te bereik. Maar dit vat elke dag net ‘n gedeelte van jou dag op, so wat doen jy met die res van jou dag…?Die grappies oor vet word van teveel verveelde etery is eindeloos. Die aktiwiteit op Facebook en ander sosiale media het drasties toegeneem. So ons probeer die tussenin tyd vul met iets anders. Ons probeer die gevoel...

Continue reading

Dag 12 – Die monster onder die bed

Dag 12 – Die monster onder die bed Die monster onder die bed In 2001 het Pixar Animation die suksesvolle Monsters Inc vrygestel – een van die grootste film treffers van daardie jaar. Die storie van monsters wat kinders moet bang maak, hulle gille opvang om sodoende energie vir hulle wêreld bymekaar te maak. Hierdie monsters het deur ‘n geheime deur die kinders se kamers binnegekom en vanuit die hangkas, onder die bed of agter meubels uitgekom om die kinders te terroriseer en vrees aan te jaag. Vandag leef so baie van ons in vrees – nie veroorsaak deur harige monsters onder die bed nie...

Continue reading

Dag 11 – Ek kies blydskap

Dag 11 – Ek kies blydskap Ek kies blydskapFilippense 4: 4-9 4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. 8Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook...

Continue reading

Dag 10 – Stiltyd is bidtyd, is voedtyd.

Dag 10 – Stiltyd is bidtyd, is voedtyd. Markus 6: 45 – 52 Lees die perikoop n paar keer deur. Wat gaan gebeur is dat “net ‘n verhaal” waar Jesus op die water loop, gaan verander in ‘n verhaal van troos; ‘n verhaal wat jou gaan laat voel “Ek kan gerus wees, Jesus is by my, ek hoef nie nou bang te wees nie.” In die vooraf gedeelte het Jesus op ‘n verlate strand vir baie mense (5000 mans en dan hul gesinne) uit ‘n seuntjie se kosblik gevoed, tot oorlopens toe! EN nou ons verhaal:Hy stuur sy dissipels terug huistoe (oor die see) en Hy sal kyk dat al die mense ook huistoe gaan.Stiltyd was...

Continue reading

Dag 9 – Ons het regtig God se liefde nodig…

Dag 9 – Ons het regtig God se liefde nodig… Johannes 3:1-17 en Romeine 8:31 tot 39 Eers wil ek jou nooi om stil te raak en ‘n kers aan te steek. Raak bewus van die oomblik…Dink so bietjie aan een van die eerste teksverse in die Bybel wat jy as kind geleer is om uit jou kop te kan ken. Dink in hoeveel geleenthede in jou lewe het hierdie teksverse jou gedra, bemoedig en gemotiveer. Veral in swaar en moeilike tye. Behalwe Psalm 23, is die een teksvers wat ek uit my kop geleer ken het as klein seuntjie Johannes 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat...

Continue reading

Dag 7 – God is nie in lockdown nie.

Dag 7 – God is nie in lockdown nie. Ons het byna ‘n week in lock-down agter die rug. In hierdie week het my eie gedagtes baie gewissel oor hoe oud sekere ervarings eintlik is. Ons dink lock-down is ‘n nuwe ding. Maar in die Bybel lees van ons ‘n paar gevalle. Ek dink sommer vlugtig aan Noag se ark, waar Noag 40 dae in lock-down was en ek dink veral aan die Babiloniese ballingskap wat bietjie minder as 50 jaar geduur het (alhoewel daar van ‘n simboliese 70 jaar gepraat word). Dit blyk my mense was al vorige kere ook gekonfronteer met lock-down. Vreemd genoeg wanneer mense in lock-down...

Continue reading