Dag 6 – Geliefde deur God
Geliefd deur God
Liefde is een van die belangrikste indien nie die mees belangrikste behoefde van enige mens. Ons almal wil weet dat ons geliefd is, dat ons êrens behoort en veilig kan wees binne ware liefde. Ons almal wil onsself wees en weet dat iemand my liefhet tenspyte van my foute, my gewoontes, my sienings, ens.
Die een ding wat ons van seker kan wees in die lewe as kinders van God is dat God ons liefhet. Dat Hy ons nooit in die steek sal laat nie. In Romeine 8: 37-39 staan daar dat niks waaraan ons ooit kan dink, niks wat ons bang...
Dag 5 – Swaarkry is nie die manier waarop God mense terug kry nie.
Dag 5 – Swaarkry is nie die manier waarop God mense terug kry nie.
Swaarkry is nie die manier waarop God mense terug kry nie.
Lukas 13:1-5 (Die Boodskap)
1 Die mense het vir Jesus kom vertel van ’n verskriklike ding wat Pontius Pilatus, die Romeinse goewerneur in Judea, aangevang het. Hy het ’n klomp mense uit Galilea doodgemaak terwyl hulle in Jerusalem ’n offer aan die Here wou bring. “Dié mense moes seker groot sondaars gewees het. Dis hoekom God dit met hulle laat gebeur het,” het hulle tussendeur bygevoeg. 2 “Dink julle regtig daardie mense was groter sondaars as al die ander mense...
Dag 4 – Head, shoulders, knees and toes
Dag 4 – Head, shoulders, knees and toes
Head, shoulders, knees and toes
Efesiërs 6:1-20
Vandag is almal van ons baie selfbewus oor waaraan ons vat, wat ons doen en hoe naby ons aan ander mense staan. Ons was ons hande ‘n honderd keer ‘n dag en dra maskers om te verhoed dat die virus naby ons kom. Soveel moeite om te probeer verseker dat ons gesond bly.
Maar hoeveel moeite doen ons om te verseker dat ons siele gesond bly? Lees ons af en toe Bybel? Bid ons partykeer? In Efesiers lees ons dat ons die wapenrusting moet aantrek soos ons vandag maskers en handskoene aantrek om onsself te...
Dag 3 – Die Kuns om Moontlikhede raak te sien.
Dag 3 – Die Kuns om Moontlikhede raak te sien.
Die Kuns om Moontlikhede raak te sien.
Benjamin Zander vertel die verhaal van twee skoenverkoopsmanne wat in die vroeg 20ste eeu na ‘n afgeleë area in Afrika gestuur word om te kyk of hulle daar sal kan skoene verkoop. Die een skryf ‘n telegram terug wat sê: “Situasie hopeloos, hulle dra nie skoene” Die ander een stuur ‘n telegram: “Wonderlike geleentheid hulle het nog nie skoene hier nie!” Laat ‘n mens nogal dink aan die verhaal van die verkenners wat in Numerie 14 en 15 vertel word van.
Hierdie...
Dag 2 – My mense
Dag 2 – My mense
My mense
Te midde van die chaos van die paar dae voor “lock down” was daar vir my en my vrou ‘n ekstra paar moet dinge op ons doen lysie: Ons moes kontak maak met ons bejaarde ouers – het hulle genoeg kos en die noodsaaklikhede om deur die 21 dae te kom? Gou inloer en net kyk of alles reg is. Ons is bekommerd ons kinders (reeds volwasse en sorg vir hulle self), hulle moet ook ‘n kwota spuit seep en vitamine kry en sommer iets om in die spens te hou. Almal moet voorbereid wees in hierdie tyd.
Optrede wat my laat dink aan die vyfde gebod van ons Here: “Eer jou vader en...
Dag 1 – Om rêrig te sien
Dag 1 – Om rêrig te sien
Markus 1: 40 – 45Dit is ‘n boeiende verhaal met sterk simboliese merkers. Die melaatse, uitgestote man doen vier dinge om by die Here Jesus se hart uit te kom en hulp te kry:Hy soek die Here. Onthou hy was melaats en moes wegvlug van mense af. Maar hy loop en soek Jesus; dis al waar hy kan hulp kry – by God. So in sy kop is Jesus God…Hy kom smekend tot by Jesus terwyl hy op sy knieë val. Dit is n gebedshouding (soos mens voor God verskyn). Hy is onrein, verstote en mense kan nie aan hom raak nie. Maar hy val voor Jesus neer: amper soos...