Skip to main content

Kids Games

Kids Games Ons gemeente borg nou al twee jaar een van die Abraham Kriel huise om saam met die ander kinders te kom speel in die vakansie by Kidsgames.Ons gebruik ook ons Snr Jeug as leiers by kidsgames.Hierdie projek is gemik om kinders ‘n veilige, Christelike omgewing te bied in die Jun/Jul vakansie wanneer ouers steeds moet werk. INLIGTING: Ons gemeente het KidsGames in Alberton bekend gestel en bied die program al van 2005 aan.Hierdie projek is daarop gemik om kinders ‘n veilige, Christelike omgewing te bied tydens die Jun/Jul vakansie wanneer ouers steeds moet werk. Die program...

Continue reading

Tutela Gesinsorg – Family Care Alberton

Tutela Gesinsorg – Family Care Alberton Tutela Gesinsorg/Family Care Alberton kort jou hulp! Ons wil graag vir elke kind die geleentheid bied om hul skooljaar ten volle te benut. Maar skryfbehoeftes is duur vir ‘n gesin wat niks het nie. Ons vra dat elkeen een of meer van die volgende items sal skenk: Blou balpunt pen Grys HB potlood 12-pak inkleurpotlode Liniaal Skêr Gom stok Eksamenblok 72bl skrifte 12-pak vetkryte Skooltas/rugsak Inkleurkryt Elke donasie maak ‘n verskil in ‘n kind se lewe, en gee hulle ‘n beter kans op die toekoms. Donasies kan afgegee word by die kerk kantoor...

Continue reading

Raak AKTIEF

Raak AKTIEF Hierdie is ‘n ruimte vir enige persoon wat aktief wil raak, hetsy net vir lekker stap of fietsry in die buitelug, of ernstiger oefen vir wedlope/wedrenne. Kom gesels vanoggend na die diens saam met ons in die moederskamer. Almal se insette (en deelname) is waardevol!

Continue reading

Snap Scan

Snap Scan SnapScan is ‘n app waarmee u vinnig, maklik en veilig met u telefoon kan betaal. U SnapScan-app gebruik die kamera van u telefoon om ‘n SnapCode (‘n unieke QR-kode) te skandeer. Winkels het hul eie SnapCodes, en as u hierdie kodes skandeer, kan u dit betaal. SnapScan is gratis om te gebruik en werk met enige Suid-Afrikaanse bank en die meeste internasionale kredietkaarte. Ons scan-tot-betaal-funksie is beslis ons gewildste oplossing, maar ons ontwikkel in soveel meer omdat ons nie kan ophou om u lewens makliker te maak nie. Met SnapScan kan u vinnig betaal sonder...

Continue reading

PAK ‘n SAK

 PAK ‘n SAK PAK EEN SAK KRUIDENIERSWARE EEN MAAL per maand en maak ‘n verskil in EEN gesin se lewe!! DIE INHOUD @ ongeveer R200 (7 items)· 1 x 1 kg Mieliemeel· 1 x 1 kg Suiker· 1 x 1 Liter lang lewe melk· 1 x 1kg Rys· 1 x Blikkie Boelie Bief OF 1 x 410g Blikkie Pilchards in tamatiesous· 1 x 410g Blikkie tamatie en uie· 1 x 410g Blikkie sousbone in tamatiesous Dit is belangrik dat net dit wat op die lysie is in die SAK sal  wees asb Pak-‘n-Sakke kan afgegee word byKERKKANTOOR: Maandag tot Vrydag  9:00 – 13:00KERK se VOORPORTAAL: Sondagoggend Eredienste Ons doelwit is ±45 sakke per...

Continue reading

Nuwe Lidmate

Nuwe Lidmate Nuwe lidmate is baie, baie welkom in ons gemeente. Indien u ‘n nuwe lidmaat in ons gemeente is, word u vriendelik versoek om ‘n vorm in te vul by die Kerkkantoor, of ‘n vorm hieronder af te laai, dit in te vul en by die Kerkkantoor in te handig. Die Kerkkantoor personeel sal u besonderhede op ons lidmate register plaas en ook u attestate aanvra vanaf u vorige gemeente. Sodra u attestate ontvang is, sal u ‘n sms boodskap ontvang vanaf die Kerkkantoor. U sal ook gekontak word deur ‘n lid van ons Gasvryheidsbediening, wat u sal uitnooi na ‘n...

Continue reading

Lief en Leed

Lief en Leed Indien u weet van lidmate wat siek is of in die hospitaal is of voorbidding benodig, skakel asseblief die kerkkantoor 011 869 9700.  U kan die kerkkantoor skakel vir enige bystand wat u verlang.Daar sal steeds by die naam vir elkeen gebid word. Kom ons bid vir: HOSPITAALBid vir lidmate, familielede van lidmate wat in die hospitale is.Bid vir die hospitaalpersoneel wat hierdie mense versorg. SIEKESBid vir mense wat tuis siek is of in versorgingsoorde is.Naasbestaandes van siekes wat hulle versorg en ondersteun. BEDROEFDES Bid vir mense wat deur trauma geraak is.Mense wat getraumatiseerde...

Continue reading

Musiek Groep

Musiek Groep Dis ons voorreg om elke Sondag met die musiektalent wat ons van die Here ontvang het, die gemeente te help begelei tot ’n lewende ontmoeting met ons Here Jesus Christus. In die musiek wat ons maak streef ons na ’n standaard van uitmuntendheid wat pas by die Koninkryk van God.  Ons streef dus daarna dat elke lied wat begelei of uitgevoer word smaakvol en stylvol sal wees. Dis vir ons belangrik om rekening te hou met elke lidmaat, oud en jonk, se smaak en voorkeur van aanbiddingstyl. Ons maak nie net musiek nie, dis vir ons ’n bediening in die Here se Naam.  Daarom het ons ook...

Continue reading