Skip to main content

Dag 28 – Hoe werk ware liefde?


Baie keer net mooi in die teenoorgestelde rigting waarin die massamedia ons lei. Die massamedia is ‘n glanswêreld waarin mense blink gevryf en versorg is. Droomvroue en -mans. As die aantreklike verliefdheid verby is, kom jy agter dat jou huweliksmaat ook maar iemand van vlees en bloed is , met foute en tekortkominge. Dis dan wanneer ons begin om mekaar te probeer verander. Jy voel ingehok en onvry. Jy wil die ander een regsnoei om na jou behoeftes te pas. Wat tel is nie hulle aard nie maar jou behoefte. Dalk ken jy die gevoel om ingeperk te wees en nie jouself te kan wees nie.


God wys vir ons hoe ware liefde lyk. Hy sê vir Israel “Ek het jou liefgekry, nie omdat jy so wonderlik is nie. Jy was die kleinste van al die volke (Deutr:7:7). God se liefde hok my nie in nie, maar maak my vry en vertrou my. Hy skep ruimte om my volle potensiaal te onwikkel.


ST Potgieter – Alberton Oos