Dag 27 – Met nuwe oë
Jeremia 31:25 sê Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.
Paasfees voel alklaar of dit ‘n ligjaar weg is. Ons is nogsteeds vasgevang in hierdie selfde vier mure met geen idee wanneer dit gaan eindig nie. En dit maak ons moedeloos. Maar as ons vir een oomblik kan rewind. Waar dink jy was Jesus se gedagtes op Goeie Vrydag? Hy het 13 keer gepraat daardie dag. 10 van hulle wat met of oor God. 80% van sy dag was op die hemel gerig. Jesus het heel dag lank God op sy lippe gehad.
So volgende keer as jy moedeloos voel, doen die wiskunde. Vat God 80% van jou gedagtes op? Is 80% van dit wat jy doen op die hemel gerig? Dalk wil God hê jy moet bietjie meer aan Hom dink.
Dalk in stede daarvan om moedeloos te raak, kan jy eerder jou gedagtes op God rig. Wanneer jou gesondheid jou in die steek laat of probleme jou vreugde steel, vat ‘n breek van hulle. “Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, 3want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.” (Kol 3:2)
Christus kan enige moedelose dag verander in ‘n God-gevulde dag, dit hang net van jou af. Is jy bereid om hierdie dag ‘n kans te gee en met nuwe oë daarna te kyk?
Lorinda Schoonwinkel – South Crest Gemeente