Skip to main content

Dag 19 – Hou die oog gevestig op Jesus


Om ‘n reis na binne te onderneem, bring ons by die hart van ons godsdiens.
Wat is die hart van jou godsdiens?


Vir sommige is dit om volgens sekere reëls en gebooie te leef. Vir ander is dit om ‘n goeie mens te probeer word. Vir nog ander is dit die wete dat hulle gered is. Wat is dit vir jou? Dit kan en behoort te wees: Om in ‘n lewende verhouding met die Lewende Jesus te leef. Hy het opgestaan uit die dood om by jou te wees. Hy wil alles vir jou wees. As jy krag nodig het, wil Hy die Bron van jou krag wees. As jy troos nodig het, wil Hy jou verlig met sy vreugde. In jou donkerste tye wil Hy self jou lig wees.

Daarom sê Hebreërs 12:1 “Hou die oog gevestig op Jesus. Die begin en die
voleinder van die geloof.”

ST Potgieter Alberton Oos