Is jy moeg gedra aan die seer, die slegte gewoontes en die wrokke en griewe wat jou lewe, jou vreugde en jou geluk steel?
Kom word deel van die HERSTELVREUGDE program. ‘n Bybelse program waarin daar gefokus word op verhoudings – jou verhouding met God, met jouself en met al die mense in jou lewe. Met eerlikheid en deernis word die knope ontrafel, vergifnis gegee en aangebied en vreugde herstel. Die uitkoms van hierdie reis is lewensverryking en blywende vreugde.
In 7 weke kan jy die mens word wat God bedoel het jy moet wees – vry van jou verlede, vry van jou skuldgevoelens en laste. Kom ervaar weer vreugde in jou verhoudings en verryk jou lewe! Die bekende en suksesvolle “CELEBRATE RECOVERY” van John Baker en Rick Warren in Afrikaans verwerk en aangepas vir ons unieke omstandighede.
Begin DV Augustus 2022 Woensdae aande om 19:00 by die NG Kerk Alberton-Suid. Indien u sou belangstel om die kursus by te woon, stuur asseblief u naam en besonderhede aan ds. Johan voor 31 Julie 2022.
Navrae:
Johan Heyns 083 4630525